MEER OOR ONS

DebtHealth is deur ons regsfirma Kruger Wilkens Prokureurs gestig as die uitvloeisel van 20 jaar se ondervinding in skuldherstrukturering.

Hierdie gewaarborgde regsgeoriënteerde ondersteuning gee DebtHealth, ’n geregistreerde maatskappy wat in Pretoria gebaseer is, ’n mededingende voordeel in die diens wat ons lewer.

Ons span bestaan uit toegewyde professionele persone met uitgebreide ervaring in die bestuur en administrasie van die verbruiker se finansies. Ons lewer al sedert 2001 puik diens en poog om die beste oplossings aan ons kliënte te verskaf gebaseer op hulle individuele behoeftes. DebtHealth se trots is sy doeltreffende en professionele kliënteverhoudings.