Die proses

Stap 1

Voltooi die aansoekvorm om vir skuldberading aansoek te doen.

U moet die volgende dokumente verskaf:

  • Afskrif van jou identiteitsboekie.
  • Bewys van inkomste (betaalstrokie) vir drie maande.
  • Lys van alle uitgawes (nutsrekening, skoolgeld, selfoonstaat, ens.).
  • Bewys van adres
  • Bewys van huwelikstatus 

Stap 2

Sodra die aansoekvorm voltooi is, sal ’n finansiële assessering gedoen word om te bevestig dat jy vir skuldberading kwalifiseer.

As jou maandelikse uitgawes jou inkomste oorskry, kwalifiseer jy vir skuldberading. Dit sal bereken word deur jou totale uitgawes, lewenskoste en skuldverpligtinge van jou maandelikse inkomste af te trek.

’n Gedetailleerde verduideliking van die proses sal tydens jou eerste konsultasie verskaf word.

Stap 3

Nadat jou bekostigbaarheid bereken is en jy vir skuldhersiening geregistreer is, sal al jou krediteure van jou aansoek in kennis gestel word.

Ons sal ’n nuwe betalingsplan volgens jou bekostigbaarheid skep wat aan jou krediteure voorgestel sal word. Die terugbetalingsplan sal ’n bevel van die hof gemaak word.

Stap 4

Jou betalings en bekostigbaarheid sal jaarliks hersien word.

Sodra al jou skuld terugbetaal is, sal jy van ’n uitklaringsertifikaat voorsien word wat impliseer dat jou kredietrekord herstel is.

Waarom skuldberading kies?

As jy sukkel om elke maand al jou skuld te betaal, of verwag dat dit binnekort gaan gebeur, moet jy skuldberading oorweeg as ’n opsie om jou bates te beskerm en te verhoed dat kredietverskaffers regstappe teen jou neem, wat ernstige skade aan jou kredietrekord kan veroorsaak. Skuldberading kan voorkom dat dit gebeur.