MEER OOR ONS

DebtHealth is deur ons regsfirma Kruger Wilkens Prokureurs gestig as die uitvloeisel van 20 jaar se ondervinding in skuldherstrukturering. Hierdie gewaarborgde regsgeoriënteerde ondersteuning gee DebtHealth, ’n geregistreerde maatskappy wat in Pretoria gebaseer is, ’n mededingende voordeel in die diens wat ons lewer.

Ons span bestaan uit toegewyde professionele persone met uitgebreide ervaring in die bestuur en administrasie van die verbruiker se finansies. Ons lewer al sedert 2001 puik diens en poog om die beste oplossings aan ons kliënte te verskaf gebaseer op hulle individuele behoeftes. DebtHealth se trots is sy doeltreffende en professionele kliënteverhoudings.

ONS DIENSTE

Ons bied die volgende dienste:

Skuldbetalingsvermoë

Ons glo dat niemand alleen moet voel wanneer hulle finansiële probleme ervaar nie. Soms verg dit ’n nuwe ingesteldheid en vars benadering om na jou finansies te kyk. Ons sal jou help om beheer te neem en jou finansies, kontantvloei, begroting en skuld te bestuur.

Skuldadministrasie

Dit gebeur dikwels dat sommige verbruikers weens onvoldoende inkomste weggewys word wanneer hulle vir skuldondersteuning vra. Ons glo egter dat almal gelyke toegang tot hierdie tipe ondersteuning verdien.

Kredietgesondheid

Negatiewe skuld behoort nie die rede te wees dat jy ophou droom oor daardie nuwe motor, huis of vakansie nie. DebtHealth glo dat elke persoon ’n geleentheid verdien om ’n beter finansiële posisie te bereik en ’n droom in ’n werklikheid te omskep. Ons dienste kan jou antwoord wees om dit te bereik.